![]() Hoërskool Nylstroom In die Waterberge, onder statige apiesdoringbome, nestel ‘n skool wat sy weerga nie ken nie; ‘n skool wat op ‘n trotse geskiedenis en tradisie voortbou deur vernuwing en wat gedryf word deur ‘n visie… Hoërskool Nylstroom bied geleenthede aan die individu om tot sy volle potensiaal te ontwikkel. Wat maak Nyliewees dan anders? Die Hoërskool met 740 leerlinge en 35 personeellede is voorwaar ‘n gesin duisend. Hier kan jy optimaal ontwikkel tot hoogtes wat net deur jouself beperk kan word. Ons skool getuig van uitnemende standaarde op akademiese-, sport, geestelike-, kulturele, sosiale- en leiersgebied. Sukses bly ‘n balans tussen harde werk en talent. Daarom is elke Nylie en ook alle toekomstige Nylies deel van elke hoogtepunt. Akademie word met groot erns bejeën en individuele besorgdheid oor elke leerling se vordering word bevestig deur ‘n spanpoging tussen bekwame onderwysers en deelnemende ouers. In so ‘n klimaat word daarna gestreef om elke dag tot eer van God te lewe wat aan elkeen sy unieke vermoë geskenk het, elkeen wat hier geslyp word tot die edelsteen waartoe die Groot Leermeester hom geroep het. +27 14 717 5216 P/sak x 1020 Limpopo 0510 South Africa Other Categories: Education » Schools |





