VERANTWOORDELIKHEID VAN DIE VERENIGING IS;
a) Ontwikkeling van `n veldbrand bestuur strategie in die gebied.
b) Om samewerking te bewerkstellig met aangrensende brandbestrydings verenigings.
c) Reëls en regulasies te maak wat betrekking het op die beheer en bestuur van die vereniging en wat bindend op die lede sal wees.
d) Gereelde kommunikasie met die lede i-v-m. die brand gevaar in terme van Art, 9 en 10 van die wet.
e) Organiseer en opleiding van lede t.o.v. brandbestryding , bestuur en voorkoming van veldbrande.
f) Die lede voorsien van inligting i.v.m nuutste toerusting en tegnologie beskikbaar vir die voorkoming en bekamping van veld brand en om toerusting te verkry en aan sy lede te verskaf.
g) Statistieke i.v.m veldbrand by te hou en om hierdie besonderhede op `n gereelde basis aan die Minister te voorsien.
h) Om die bevoegdhede en magte toe te pas wat deur die Minister aan die vereniging oorgedra is.
i) Om `n brandbestydings beampte aan te stel.
j) Om algemene aanvaarde standaarde t.o.v.brandbestryding en brandvoorkoming neer te lê.
5 LIDMAATSKAP
a) Lidmaatskap van die vereniging is ter beskikking van all bestaande streeks/gebied brandbestrydings verenigings/sektore en hulle ge-affilieerde lede
b) Elke munisipaliteit wat oor `n brandbestrydings diens beskik moet `n lid van die vereniging word.
c) Die totale gebied moet in sektore verdeel word met een stem per sector.
6. REGISTER.
Die bestuur van die vereniging moet `n lidmaat register op datum hou met die volle besonderhede van elke lidmaat t.o.v..
a) Naam van lid.
b) Volledige adres met telefoon/selfoon/radio roepsein/faks besonderhede en alle ander noodsaaklike inligting
c) Besonderhede van eiendom en indien moontlik `n kaart van die eiendom met die grense aangedui. Elke sektor is verantwoordelik om besonderhede soos vereis in paragraaf 6 hierbo aan die sekretaris van die vereniging te verskaf. Hierdie inligting moet jaarliks een maand voor die algemene jaarvergadering opgegradeer word.
7. STEMBEVOEGDHEID
ln vergaderings waartydens daar gestem moet word is elke sektor geregtig op een stem,
8. PLIGTE EN VERANTWOORDELIKHEID VAN LEDE.
1, `n Sektor van die vereniging: Lid in die geval word bedoel sektor
a) Moet lidmaatskapfooi en heffings, soos van tyd tot tyd deur die bestuur bepaal mag word, betaal.
b) `n Lid is geregtig op alle voordele van sy lidmaatskap.
c) Moet die bepalings en reëls van die vereniging nakom .
d) ls nie geregtig op enige gelde, eiendom of bates van die veregniging nie.
9. BEëINDIGING VAN LIDMAATSKAP.
a) 'n Lid kan sy lidmaatskap deurmiddel van `n geskrewe kennisgewing aan die voorsitter be-eindig behalwe in die geval van `n munisipaleit of eienaars van staats grond.
b) Lidmaatskap word outomaties be-eindig indien `n lid versuim om sy lidmaatskap fooie binne 3 maande te betaal na die vasgestelde datum
c ) Die vereniging kan lidmaatskap van enige lid kanselleer wie versuim om die reëls van die vereniging na te kom.
10. LIDMAATSKAP FOOIE.
Die uitvoerende bestuur mag van tyd tot tyd
1) a) Registrasie fooie vir lede vasstel.
b) Rente bepaal op onbetaalde lidmaatskap fooie
2) Enige lid vrystel van lidmaatskap fooie en hom volle lidmaatskap toeken
3) Jaarlikse lidmaatskap fooie moet betaal word op of voor die 31ste Januarie van elke jaar.
4) Enige verhoging of aanpassing van lidmaatskap fooie kan slegs met `n meerderheid stem tydens `n algemene jaarvergadering toegepas word.
0825626204
Limpopo 0510
South Africa